“Vroue moet hulle passies ontdek” Amore Bekker

Video: Emotional Wayde after silver medal
2017-08-11
“Women can dismantle internalised patriarchy” Radio producer Andiswa Makanda
2017-08-23
Pic supplied

Amore Bekker from RSG (Pic supplied)

Amore Bekker het in 2004 by RSG aangesluit en bied weekliks die gewilde Tjailatyd aan tussen 15:00 en 17:45 in die middag. Daar praat sy met mense soos die omgewingskundige, Dave Pepler en die kruievrou Antoinette Pienaar. Met haar Draai wiele, draai, stop kry luisteraars kans om deur middel van ‘n kriptiese leidraad te raai watter plek sy van praat. En terwyl luisteraars met ‘n honger maag in die verkeer sit en wonder wat om vir aandete te maak, bel sy ‘n luisteraar vir ‘n resep. Die resepte is so gewild dat ‘n boek, Tjailaresepte, onlangs die lig gesien het.

Justjody.co.za het onlangs by haar gaan kuier.

Waar en waneer het jou liefde vir radio begin?
Alhoewel my radioloopbaan reeds eind 1989 by Radio Algoa in Port Elizabeth begin het, het ek eers in 1991 by Radio Goeie Hoop in Kaapstad ‘n liefde vir radio ontwikkel. Die eerste twee jaar van radio was ek so senuagtig, ek het 10kg verloor weens spanning.

Behalwe om met my te werk, wat geniet jy die meeste van jou werk? Vertel ons ook van jou hoogtepunte in jou loopbaan?
Elke dag is ‘n hoogtepunt! Ek geniet radio, want dit is ‘n intieme medium, en dit is onmiddelik, en elke dag is anders.

Beskryf ‘n tipiese dag in die lewe van Amore Bekker?
Ek slaap tot ek wakker word. Eet twee appels, en gaan stap dan 5km. Dan begin die voorbereiding vir my program. En om op hoogte van aktuele sake te bly en om net te weet wat rondom ons gebeur spandeer ek tyd op sosiale media, en lees wyd.

Wat wil jy nog in jou loobaan bereik?
Ek is op so ‘n gelukkige plek in my loopbaan. Soveel van my energie gaan dus daarin om elke oomblik te geniet, dat ek noggie te vêr gedink het nie.

Wat doen jy om te ontspan? Het jy enige stokperdtjies?
Ek lees en eet geweldig baie!

Jy was tot onlangs ook op sabbatsverlof (sabbatical)? Hoekom was dit vir jou so belangrik?
Ek wou leer om niks te doen met ‘n skoon gewete, en ek het dit reggekry. Ons lewens is hopeloos te besig.

Watter raad het jy vir enige een wat ‘n loopbaan in radio wil volg?
Wees jouself, te alle tye. Daag betyds op. Wees aangenaam.


Hoe sien jy die rol van vroue vandag? Wat moet gevier word en wat is vir jou die kwessies wat moet aandag kry?

Vroue moet hulle passies ontdek, en dit volg. Antoinette Pienaar sê: “Jy is kronies moeg, want jy is nie op jou pad nie”. Vind jou pad/passie, sodat jy energie het vir jou dag-tot-dag se bestaan en uitdagings. So raak mens outentiek. My passies is praat en eet!