Jody Hendricks: Afrikaans Vier Fees ambassadeur

Spur incident, Just Jody
The Spur incident debate
2017-03-21
Dillyn Leyds Miracle pass, Just Jody
VIDEO: That Dillyn Leyds offload…
2017-04-10
Jody Hendricks at Afrikaans Vier Fees

Jody Hendricks at Afrikaans Vier Fees

Jody Hendricks speaks as one of the ambassadors of the Afrikaans Vier Fees.

During an exciting 2017 Afrikaans Vier Fees, Fatima Allie gesels saam oor die boek Ons kom van vêr, ’n boek oor bruin mense se belangrike bydrae tot Afrikaans. Dr. Michael le Cordeur en prof Wannie Carstens, beide beskermhere van Afrikaans.com is die redakteurs van hierdie boek. Alta Cloete neem deel aan die boekgesprek: Vroue skeer weer beenhare en Sophia Kapp lei die boekgesprek oor Geregtigheid en die Waarheid. Heleen Meyer en Vickie de Beer gaan heerlik en gesond kosmaak terwyl Schalk Bezuidenhout oudergewoonte mense gaan laat skaterlag. Sjaka Septembir, mede-skrywer van Nagwandelaars wat ook by die fees opgevoer word, verklap ’n paar geheime in ’n lyfkunswerkswinkel. Nedine Blom hou haar lyf beoordelaar by die Woordfees se musiektoekennings, Ria Olivier is betrokke by die diskoers: Van Afrikaans na Engels as Onderrigtaal:Traak my nie, raak my nie? en René Arendse is een van die aanbieders van ’n drie dae lange mentorskapseminaar vir Afrikaanssprekende matriekleerders. Nita Cronjé sorg dat Filmverse 2, die ATKV se suksesvolle digkuns-animasieprojek, ook gehore in Stellenbosch gaan bekoor. Afgesien van hierdie ambassadeurs wat direk betrokke is, gaan van ons ander ambassadeurs soos Gielie Hoffmann, Christa Steyn, Johan Jansen van Vuuren, Ashmund Martin en Jody Hendricks ook die voorreg hê om saam te kuier en te deel in die kuns, kultuur en bowenal Afrikaanse vreugde daar in die pragtige Stellenbosch. Laat weet ons as jy daar is en veral #waarsitlekka!

WATCH JODY HENDRICKS’ TESTIMONIAL BELOW: