RALPH HAYNES: GODFATHER VAN DIE WES-RAND DEUR IZAK DU PLESSIS

ANNUAL SHOW FUNDEX TO REVEAL ENTREPRENEURS FUNDING SECRETS
2018-07-13
Katy Perry Joburg concert absolutely “Swish”
2018-07-19

Wat het geword van die Godfather van die Wes-Rand?

Bekendes soos Steve Hofmeyr het hom ’n vriend genoem. Vir die armes van Randfontein was hy ’n vrygewige Robin Hood wat groente en geld kom aflewer het. Vir sy vrou, Jacky, was hy agter toe deure die man wat minderwaardig gevoel het oor sy kunsbeen en omdat hy oorgewig was.

Maar vir die meeste mense was hy die gevreesde Godfather van die Wes-Rand. Saam met sy ewe berugte vriende, Ferdi Barnard, Corrie Goosen en Dawie Lötter, het Ralph Haynes sy slagoffers behoorlik laat deurloop met die een verbysterende skelmstreek na die ander. Miljoene rande is uit mense geswendel met valse transaksies in goud, diamante, motors en selfs kookolie.

Op 21 Januarie 2011 verdwyn Ralph Haynes egter spoorloos nadat hy saam met Frikkie Lutzkie in ’n helikopter geklim het. Vandag wonder almal steeds wat van hom geword het. Lê hy dood iewers in ’n mynskag, of het hy die hasepad gekies terwyl aanklagte van bedrog en diefstal teen hom opgehoop het?

Antwoorde op hierdie vrae is nie voor die hand liggend nie. Radiojoernalis Izak du Plessis het onderhoude met die mense naaste aan Ralph Haynes gevoer in sy ondersoek na die lewe en verdwyning van dié enigmatiese en kleurryke figuur van die Suid-Afrikaanse onderwêreld. Boeiende leesstof wat jou opnuut sal laat besef dat die waarheid beslis vreemder as fiksie is.

Izak du Plessis is bekend as radiojoernalis en aanbieder by RSG se nuusaktualiteitsprogramme, Monitor, Spektrum, Kommentaar en Naweekaktueel. Hy is ook die skrywer van Boereverneukers. As ondersoekende joernalis het hy al verskeie toekennings vir sy radiobydraes ingepalm.

ISBN: 978 1 77609 273 4 | AHP: R250.00 | KLASSIFIKASIE: Ware misdaad

Vir meer inligting kontak Surita Joubert by sjoubert@penguinrandomhouse.co.za / 021 460 5462 of besoek www.penguinbooks.co.za